Kontak Jaco Dorfling vir meer inligting.
082 699 4383 | jaco.dorfling@momentum.co.za
Die doel van hierdie bediening is om alle uitreik-projekte van die gemeente oorhoofs te ontwikkel, koördineer en ondersteun. Hierdie is konkrete maniere waarop ons die gemeente se missionale roeping wil uitleef. Prisma is nie 'n beheerliggaam nie maar wel 'n koördineringsliggaam vir alle uitreike. Ons wil nie die uitreike beheer van uit die Prisma werkgroep nie maar wel in die gees van die "saam reik ons beter uit" wil ons die uitreike koördineer om so doende beter gebruik te maak van die bronne en hulpmiddele. Dit gaan dus nie om die begin van 'n paar missionere projekte nie, maar daaroor dat die gemeente wesenlike 'n identiteitsverandering sal ondergaan en groei tot 'n werklike missionale gemeente.
​
In Eldoraigne Familiekerk maak ons voortaan onderskeid tussen bedieninge na binne en uitreike na buite. Ons besef dit is nie altyd moontlik om haarfyn tussen twee, bediening en uitreike, te onderskei nie, maar wil nogtans t.w.v. 'n duidelike mandaat die twee konsepte uit mekaar begin haal. 'n Bediening na binne is dan all bedieninge deur lidmate. 'n Uitreik is 'n bediening of projek deur lidmate aan mense in ons gemeenskappe.